Sylvia Se Gebed Poem by Sylvia Prinsloo

Sylvia Se Gebed

SYLVIA SE GEBED

Heer ek wil U vra
om my altyddeur te dra
Waar ‘n plooi is plaas ‘n lag
elke dag op dag op dag
Maak die mense naby my
bly dat hul vir my kon kry

Help my ophou kla en kerm
want dit wroeg hul in hul kern
Laat ek tog ‘n vreugde wees
dat ek hul met krag genees
Stop my vol met liefde mooi
sodat ek hul nader nooi

Help my om my mond te hou
al voel ek hul gaan nou verbrou
Laat hul my liefhê net soos U
sodat ek vorentoe kan stu




Gee my tog net wyse krag
U sorg mos vir ons elke dag
Dis U waarby my liefde is
my hart behoort aan U gewis

Gee ons almal krag en wysheid
dit is nog jare voor ons grysheid
Mag ons as eenheid bly bestaan
en ons liefde nie vergaan

Mekaar aanvul en soms vertroos
al word ek tog partykeer boos
Sal U my krag gee in my taak
as vrou en moeder bly bewaak

Amen
2004-06-08
Met liefde aan my kinders

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Sylvia Prinsloo

Sylvia Prinsloo

Pretoria
Close
Error Success