Vrae Oor Jou Poem by Marien Jacobs

Vrae Oor Jou

Waar's die drome en fantasie
Oor 'n familie vol liefde en geluk?
Nooit verdryf uit mekaar nie.
So lank gelede al misluk.

Wat kan ek onthou van 'n pa
As ek opgroei met net 'n ma?
Sewe maande, waarom?
Later het ander in jou lewe gekom.

Sal iemand ooit kan verstaan
Wat régtig in 'n kind aangaaan?
Was ek, so klein, dalk die rede
Vir jul optrede in die verlede?

As ek maar net kon weet
Wat dit is wat ek so graag wil vergeet.
Waarom? Hoe moes ek jou leer ken?
Of jy jou kind se hartjie wen?

Of het jul net nie omgegee,
Oor 'n toekoms so weggevee?
Dat vrae oor my pappa sal bly
In die kinderhartjie van my?

Mis jy ooit jou eerste meisiekind?
Hoor jy ooit my vraag na jou huil in die wind?
Waarom voel alles tog so doof?
Is die beeld van jou so ver weg beroof?

Nie eers elke jaar kon ek jou te siene kry;
So baie min…die vraag of jy ons wou vermy.
Ek het jou stem een maal 'n maand gehoor,
Maar ook dit het ek nou verloor.

Waarom? Wat kon ek tog maak
Dat iemand niks meer oor my traak?
Die mes in die hand is skerp…
Uitgekrapte woorde…verwerp?

Sal iemand óóit verstaan die vra en seer
Die trane wat ek nie meer kan keer?
Al die waaroms in my gemoed…
Die vraag na my eie bloed!

Waar is jy?
Waar die arms van 'n pa?
Dink jy ooit nog aan my?
Waar jou liefde waarna ek so lankal vra?
In my lewe is jy byne afwesig.
Waarom? Dalk is ons beide te besig?
Of maak die verlede ons soms bang,
Dat dit die toekoms en hede vervang?

Of stel jy doodeenvoudig net nie belang?
Dat iewers iemand se hart na jou verlang?
Maar ek weet jy gee om; jy mis my ook,
Dit wat kon wees, bly jou ook spook.

En tog mis ek jou dag na dag
My hart sal altyd na jou liefde smag
Ek wens jy kon weet ek is ongelooflik lief vir jou
Al het ons nie die kans gehad om verhoudings te bou.

Sood die jare verby gaan ek ek al ouer word
Word die besef al sterker: jy’t in my lewe gekort!
Ek kan my verkyk na ‘n kindjie by haar pa
Of as hy haar optel; op sy nek ronddra.

Hoe bou mens aan iets, so lank reeds afgebreek
En hoe kan mens sonder ‘n brug ‘n kloof oorsteek.
O ek wens jy kon my meer in jou arms toe vou!
Hoor en glo tog net my woorde: Ek is lief vir jou!

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success