X.Spieëlbeeld Poem by YURI DURAAN

X.Spieëlbeeld

Jy sê ek moet in die spieël kyk
en sien wat jy liefhet.

Ek kyk.... en ek sien alles:

My bruin oë wat terugkyk,
diep inkyk, soekend vir
waarhede
maar ook oop en ontvanklik
gewillig om jou in te laat

my wit, ronde skouers
met ‘n paar skugter sproete
wat wys ek is ‘n nagmens
en skaam vir die son...
beskikbaar vir jou hande

my borste, deinend, stuwend –
vol belofte en aardsheid,
vroulikheid... wat jou uitnooi
om te vat –
soekend na jou lippe

my heupe, bleek en wyd
met die geheim van my
sensualiteit verborge daarin
vir jou om besit van te neem
met jou manlikheid

Ek kyk na myself in die spieël
en ek sien alles
wat jy sien, my lief...
wat jy liefhet...
en dis joune

COMMENTS OF THE POEM
Gerhard Knight 12 June 2008

Mense maar versigtig om kommentaar te lewer op hierdie een - Maar ek moet net weer se - dis uitstekend........

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success