X.Vraag En Antwoord Poem by YURI DURAAN

X.Vraag En Antwoord

Rating: 4.5

‘n vraag

die verklaring, erkenning
blootgelê in jou woorde...
die erns in jou oë
weerspieël die oortuiging
van jou hart,
so raak jy aan my wese..
met elke vibrasie van jou stem
sluit jy my oop,
laat my ontvanklik vir jou pleidooi...

die antwoord

‘n ontkenning van self,
oorgawe aan jou lippe,
my hart wat uitreik na joune
en aanklank vind,
my oë wat soek na joune en
die bevestiging gee...

geen woorde nodig

My hart skreeu Ja!

COMMENTS OF THE POEM
Margaret Alice 17 March 2008

Die antwoord wat deur die emosie bepaal is, is volgens die gedig 'n '‘n ontkenning van self' - wat impliseer jy hier; dat jy later die prys gaan betaal of betaal het om in te gee vir irrasionele emosie wat jou eie belange of begeertes moes negeer? Baie goed gestel - puik skryfwerk! Vriendelike groete, Marilese.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success