Z. 'N Bietjie Van Alles Poem by YURI DURAAN

Z. 'N Bietjie Van Alles



Jy is alles vir my en dit
leef ek...
alles of niks,
of so het ek geglo

maar die lewe loop sy
eie draaie
en niks gebeur soos
dit noodwendig moet

Nou het ons 'n bietjie
van alles...

'n bietjie leed,
'n bietjie smart
'n bietjie soen
'n bietjie vreugde in die hart

En ek loop die lewe se draaie
geduldig (soos ek maar moet)
en ek bid en ek hoop
dat eendag...

al hierdie bietjies van ons
saamwees
die som sal wees van
alles

COMMENTS OF THE POEM
Jessica Frame 18 July 2008

i like this poem.. it makes a lot of sense. hierdie is n wonderlike een!

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success