Z. Rooi Malvas In Die Winter Poem by YURI DURAAN

Z. Rooi Malvas In Die Winter

Jy vat my hand:

'Wys my een ding vandag,
een sprankie hoop vir
die toekoms...
iets waaraan ek kan vasklou
sodat ek kan weet
dat hierdie winterdag
nie die storie van
ons sal word nie...
die yl son,
die koue wind,
die sekerheid van 'n lang
donker nag....'

en ek sien,
en ek wys jou
die parmanatige rooi malvas
wat deur die verdorde varings
beur - soos rooigeverfde
lippe lag,
terg...
en hoe die son hulle omtower
in my stukkie hoop
om vir jou te gee
vir hierdie dag.

COMMENTS OF THE POEM
Gerhard Knight 30 July 2008

Uitstekend - Pragtig! ! ! !

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
166 / 122
YURI DURAAN

YURI DURAAN

South Africa
Close
Error Success