Dis doodstil, my gedagtes speel met die idee
van die blou baldakyn van die hemel bo terwyl
die arme kleine Mouche steeds deur die strate
van Parys aanstap, haar oë na binne gekeer,
haar gedagtes in die dieptes van die Seine,
totdat Worteltop se stemmetjie haar stop –
Waar is jy op pad heen, kleinding, weet jy nie
die bodem van die Seine is nat en koud waar
mossels aan jou beendere vreet?
Mouche - ontsteld deur sulke familiariteit uit
‘n onverwagte oord - kap terug; hiermee is
sy teruggepluk uit die bodemlose put van
wanhopigheid, en al beweeg die storie voort,
die beeld bly vasgevang voor my geestesoog;
die tafereel speel oor en oor: Mouche alleen,
Worteltop die poppespel-Kaptein wat haar
uit die kake van die dood terugruk – dit
terwyl hy self die smarte van die
Vagevuur verduur…
[In the twilight quiet of Paris, Mouche walking to her death when stopped by Carrot-top warning her against the coldness of the water in the Seine, the picture indelibly imprinted in my mind – Carrot-top, the Capitaine-Coq of the puppet-show, also suffering the pains of Purgatory…]
Based on Paul Gallico - “Poppeliefde” - originally
“For the Love of Seven Dolls”
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Ja ek het dit - dankie dis vrek diep en baie mooi. Ek moes paar keer lees om mooi te verstaan. Dankie