Daar Is Niemand Soos Jy Poem by Marien Jacobs

Daar Is Niemand Soos Jy



(Dedicated to my Biology Teacher who left at the end of my gr.11 year)

Vandag het ek besef dat mens nie weer iemand soos jy sal kry nie,
En dag géén persoon ooit jou plek in ons lewe sal kan vul.
Ek dink geen persoon het ‘n benul
Van hoeveel jy beteken het vir my nie.

Ek weet dat jy by die weggaan baat,
Maar die gedagte dat jy ons verlaat
Bly ‘n sakie baie teer,
Want dit maak so ongelooflik seer.

Die verlange reeds binne my,
Ja, selfs al sal ons iemand in jou plek kry,
Weet ek dat ek jou verskriklik sal mis,
Omdat jy steeds vir my baie werd is.

Ek sal nêrens ‘n onderwyser soos jy kan vind,
Iemand so vriendelik en goedgesind,
Wat soveel omgee vir kinders soos jy,
En wat skool die moeite werd maak vir my.

Een ding is ek seker van, en dis dat ek weet
Dat ek jou nooit ooit in my lewe sal vergeet,
Want die herhinneringe aan jou is hopelooslik te sterk
En die herhinneringe aan al jou harde werk.

Ek hoop die nuwe skool bring jou meer geluk
En dat jy nie weer hoef te buk,
Omdat ander nie jou waarde besef
En jou hardwerkendheid ander nie ook tref.

Mag meneer daar vleugde en geluk vind
En ek hoop hulle is meneer goed gesind.
En bly asseblief getrou
Deur ons ook vir altyd te onthou!

(2001)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success