Ek Wens Ek Was 'N Poet Poem by Cindy Rheeder

Ek Wens Ek Was 'N Poet

My woorde is my alles,
En as ek oor jou skryf
Onthou
Ek gee jou ‘n stukkie van my,
Ek wens ek was ‘n poet,
Ek wens ek was,
‘n better mens as wat ek is,
My woorde is my alles,
Maar steeds hakkel ek by jou,
Steeds struikel ek oor jou naam.
Ek wens ek was ‘n poet,
Ek wens ek was.
My woorde is my alles,
En ek skryf gereeld oor jou,
Ek wens ek kon my woorde vind,
Om vir jou poetry te kan skryf,
Die poetry wat ek oor jou skryf,
Is alles so woordeloos beskryf,
Ek wens ek was ‘n poet,
Ek wens ek was,
Ek wens ek was ‘n poet,
Sodat ek jou in pen vas kon vang,
Op papier inverewig
Ek wens ek was ‘n poet,
Ek wens ek was,
My woorde is my alles,
En ek skryf ‘n poem oor jou,
Asseblief onthou,
Ek gee ‘n stukkie van myself vir jou,
Ek wens ek was ‘n poet,
Ek wens ek was.

Tuesday, September 15, 2015
Topic(s) of this poem: love,unrequited love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success