Soms voel ek swak,
hunker ek na krag vir elke nuwe dag.
Dit is dan...
Ek droom drome,
bou lugkastele, en onthou vae beelde deur die golwe van tyd... Ek hunker na die son, oseaan en die see.
Waar die sterre blink en die maan oor die afgronde insink.
Ek gee soveel van myself, my hartklop en my ewige trou, maar wanneer ek terugvra, het sy liefde vervlou. Tyd is vinnig. Dis n asempie ver. Mag God my hunkering voel en my eensaamheid verdryf..
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem