Alleen, Brandsiek Hond Poem by Johan Fourie

Alleen, Brandsiek Hond

asmensso daar ver is dan sluip die allenige ensaamheid soos ‘n brandsiek hond wat deur ‘n bleeding heart kind kosgegee is uitjammerte in’n karavaanpark waneer jy gaan kamp vir rus en vrede, en net nie daarnawil padgeenie – jou kamer binne, en kruip weg in die hoekies, en al wat jy hoor is die gekrap, en nes jy dink jy verbeel jou dan krap die ding weer

En dan dink jy aan die wie jy liefgehad het met woorde, en nou net bemin in jou gedagtes, stom en woordloos, stil!

En soos die brandsiek hond wat jy wil slaan, desondanks die diepste simpatie vir die kroniese voortdurendegejeuk op sy vel, en die brand in sy lieste – durf jy nie toegee aan jou verlange om te verwoord dit wat daarinjou hart kamers geskryf staan en en geets isopjou handpalms

Want soos kookolie wat oor jou loop, is die golwe van pyn wat kom engaan
Intens soos die vlees gaar word daarvan en dan nie meer voel nie, en dan soos die kokende olie bly loop skilfer die gaar af, en is die pyn isweer daar as die nuwe rou vlees geraak word

En dit maal in jou kop en dit flits en blits in jou kop, en jy proe weer die muskus uniek jou verlore geliefde, en geur na dagsweet vir brood, blypleken botter oppie wind as jy teenaan, , destyds verbygeloophet,

En die pyn sny diep, en soos krake indie wand van ‘n deur erosie ontstaandekloof is daar skeure in jou siel, en hoe meer jy betrag, en dink en verlang hoe dieper sny die pyn

En eendag oppie dalk ‘n langomsaam en eensaam ver pad skielik, toe jy in jou onskuld verdwaal – is daar vreugde en geluk, en dit vul die krake, en hoe dieper die krake was hoe intenser die vreugde

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
gesit en skryf – ek dink in April – hotel kamer wat uitgekyk het oor kaapstad sê in/uitvoer dokke- met reeen, meer as my geween
COMMENTS OF THE POEM
Gisela Van Reenen 16 September 2012

Cool! Met 'n bietjie geskaaf en gehamer kan jou gedigte 'n wyer publiek bereik. Veral as dit getoonset kon word deur 'n musikus wat die gevoel en emosie daarin gepas kon weergee.

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Johan Fourie

Johan Fourie

Johannesburg, South Africa
Close
Error Success