‘n Vissie lê uitgespoel op die strand
sy sagte lyfie deur die son gebrand
Hy is nie nou meer ‘n vis
dis oor die lewe uit hom is
Nooit weer sal sy sagte blink lyf voel
hoe die see se koue water oor hom spoel
Hy kan nie voel hy is in my hand
hy weet nie hy was uitgespoel op die strand
Die dooie vissie sal nooit liefde kan ervaar
of met sy blink lyfie in die water baljaar
sy ogies staar in die niet verby
Hy kan nie sien hoe mooi is jy vir my
Ek wens die vissie kon weet hoe ek voel
Alleen is ek, soos die vissie uitgespoel
Hy weet nie hoe ek mis om saam met jou te wees
Sonder jou, kan niks die pyn van verlange genees
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem
Ek se niks meer nie, staar net droomverlore na die skerm, dis mos hoe die stem van verlange moet praat, dis mos hoe die woord van liefde moet klink, dis al baie laat en uiteindelik sing digterstemme wat my bekoor in Afrikaans....