Wat dryf 'n kind
'n vader
'n moeder
tot verdeeldtheid
die leuns van 'n vreemdeling
van een wat dink hy ken God
ken hy die liefde van 'n moeder
van 'n vader
van 'n kind
wat daar is al sien die wêreld dit nie?
Ken hy die vergelding van God
op die dag wat hy sal eis
die bloed...
van 'n moeder
die asem... van 'n vader
die verskeurde liefde
van ouer en kind
die verwarde liefde tussen kind
... en vreemdeling?
Wat bly oor? ?
Net God se genade
die wete jy het gemoor
en 'n graf...
later vergete
en bloed op die hande van 'n kind
Wat dryf so 'n kind
My God? ?
... net 'n verlore siel?
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem