as ek mag
dan sal ek
met die punte
van my vingers
jou ken
in 'n dans sluit
klei teen klei
met slegs vel
tussen ons
en teer
jou hinderlike
dubbelsinnigheid
weg vryf
om 'n wangbeen
hoog 'n lip
in jou oor
kontoere
van lieflikheid
op reise streel
jou skouers
bewonder
en sing
met hand en oog
ek sal sag
vir jou drom
in jou kuiltjies
van belang
verwonderd
met die geheime
van die eeue
in my aanraking
bol en druk
wat ek nodig
het is jy
maar net
as ek mag
want ek ken
pyn ek is
vrou
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem