(afrikaans) Kaapse Punt Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Kaapse Punt

Ek het stukkies van jou verloor langs die kus
Met die kaapse wind en die dig dig mis
Saam die sons ondergang het jou glimlag verdwyn
En die spore in die sand is nou net ‘n lyn
Hoe kry mens terug wat jy gehad het
As jy nie weet hoe jy dit verloor het
Twee mense so perfek, gemaak vir mekaar en so gepas
Maar sand en hartseer bring ek terug in my tas
Oor die berge na die kaapse punt
Dis waar jy my hart sal vind

Tuesday, March 25, 2014
Topic(s) of this poem: Love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success