Andries Gerhardus Visser

(1 March 1878 - 10 June 1929 / Fraserburg)

Amakeia - Poem by Andries Gerhardus Visser

In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

'Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver.'

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

'Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.'

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
'Spaar hom, hy's so klein nog,' smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
'Sterf of gee die wit kind hier!'
'Oor my lewelose liggaam ...'
antwoord Amakeia fier.

'My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.'

'Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!'
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
'Tula - Tula - stil, my kind!'


Comments about Amakeia by Andries Gerhardus Visser

There is no comment submitted by members..



Read this poem in other languages

This poem has not been translated into any other language yet.

I would like to translate this poem »

word flags

What do you think this poem is about?



Poem Submitted: Monday, June 11, 2012

Poem Edited: Monday, June 11, 2012


[Report Error]