DIE HERE HET GASKOMMEL Poem by Adam Small

DIE HERE HET GASKOMMEL

Lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas
'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie

'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en 'n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd geval vi' ons
daai's maar al

so lat hulle ma' sê skollie pêllie
nevermind
daar's mos kinners van Gam en daar's kinners van Kain
so dis dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success