Donker Paaie Poem by Amanda Boucher

Donker Paaie

Op ‘n pad waar die son nie skyn is die helderligte verblindend
Vermom met mooi praatjies en blink gesiggies lê hy reg om jou te verslind
Soos die spinnerak versteek agter die blink môre dou
Wag die spinnekop met tande wat hy slyp vir jou
Met soetsappige woordjies skilder hy die perfekte prentjie
Maar wanneer die verf droog is sien jy eers die leuntjie
Die lied wat hy fluit klink soos ‘n wals en hy draai jou in die rondte
Jy dink dis van die liefde wat jou kop draai, maar dis van die wals
Sy bloftes klink soveel beter as die lewe wat jy nou lei, maar dis vals
Sy grappies en soet woordjies lok jou in ‘n donker hoek
En wanneer dit te laat is, is dit moeilik as jy begin soek
Waak daarteen dat die grappies om jou oë toe te druk jou nie toetaal verblind
Waak daarteen dat die gevoel van vryheid jou hele wese verslind
Wees voorbereid en leer uit ander se foute vir jou toekoms
Want as dit te laat is, is daar geen antwoord op die waaroms en hoekoms
Jy alleen bepaal jou verdriet of geluk
Staan bestand teen die stormwind wat aan jou pluk
Staan bestand in die omarming van God se liefde
Hy sal jou krag gee vir die dag wat voorlê
Laat Hom toe om jou die regte woorde te laat sê

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success