KRONKELPAD
‘n Kronkelpad het Hy geloop
ons sondes voor te sterf
Hy het geen kompas, kaart gehad
so siele mee te werf
Aan die kruis het Hy gesterf
vir hulle, jy en ek
Toe na drie volle dae
uit die dood weer opgewek
So het Hy dan ons plek
vir sondes ingeneem
Om ons dan daarmee nader
aan ons God te neem
Niks, nee niks op aarde
is ons eie nie
Want alles wat ons hier het
behoort tog net aan U
Al wat so belangrik is
moet ons net aanvaar
pas Hy vir ons sorvuldig op
want dit is reeds al Daar
2004
Sylvia
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem