Lewers Poem by Amanda Boucher

Lewers

Iewers ver hoor ek die kreet van ‘n vrou
Haar stem is hees, haar keel is rou
Ek soek haar van waar ek die kreet hoor
Want dis ‘n geluid wat my binneste deurboor
Ek kry haar eenkant sit, haar liggaam is leweloos
Ek soek na woorde om haar sagkens te troos
In haar oë sien ek al die verwyte en verdriet
So hard het sy gestoei en dit verniet
Haar hande is stukkend van al die werk
Sy hou dit teen haar nat gehuilde wange
Sy neurie die deuntjies van ‘n duisend gesange
Toegevou in haar hande teen haar bors is ‘n foto van hom
Het hy dan nie gesien toe sy haar hande na hom uitstrek
Het hy dan nie gehoor toe sy roep dat hy moet kom
Nou is sy die een wat hier eenkant inmekaar krimp
Terwyl hy homself laat probeer geld by ‘n ander
Weet hy dan nie voor haar hoef hy niks te bewys
Weet hy dan nie hoe belangrik hy regtig is nie
Waarom wil hy op haar trap terwyl sy daar eenkant lê
Waarom wil hy nie meer luister na dit wat sy wil sê
Heer, ek kan net bid vir hierdie vrou
Vra dat U haar in U liefde toevou
U ken hul omstandighede en gevoelens
Heer, bring weer die lewe na haar oë
Bring weer warmte na haar hart

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success