VAE ONSEKERHEID
Stadig as die stadsgeraas
agter my verdwyn
Voel ek vrede in my hart
as die vlaktes voor my skyn
Ek wil oor berge klouter
deur diep strome swem
Wil my sorge op gaan hang
wat hier aan my rem
Net anderkant die vlaktes
bruis ‘n diep blou see
Daar wil ek graag my voete
weer net skoon gaan vee
En as die son se strale
my daarheen sal wil dra
Wil ek by U voete sit
en dan vir U vra
Hoekom is dit tog so swaar
die lewe hier op aarde
Kan dit maar net stil weggaan
wat is my doel my waarde
Hoekom word ‘n mens gebore
en gaan dan net weer dood
Dit tref soms klein ou kindertjies
nog in hul moederskoot
Hoekom bring U soms
dinge op ons pad
Om soms na maande, jare
in duisend skerwe in te spat
U vat my hand en sê vir my
My kind jy moet net glo
los die vae onsekerheid
jou hulp kom net van Bo
2003-06-10
Sylvia
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem