VERDAMPEND Poem by Wilma Stockenström

VERDAMPEND

Noudat ek brosser beginne word,
weet ek nie meer so mooi
hoe ek dit het en waar ek hoort.
Die son die brand my skouerknoppe
bruin soos beskuit se ronde korsies.
Ek was so'n sappige kind!
'n Hele tagtig persent water
gerangskik om 'n skelet
nogal met skarniere toegerus
sodat ek die aarde kon bewandel,
vol verwondering kon raak aan
ander saamgestel soos ek: water
water water water water en.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success