Wyd hurk die museums oor hul skatte Poem by Wilma Stockenström

Wyd hurk die museums oor hul skatte

Wyd hurk die museums oor hul skatte,
stijf hou hulle hul dakke vas,
oop stoor hul die indrukwekkende deure,
en kyk, dit drentel na binne
en kyk, en drentel na buite
en miskien bly rakelings op die oppervlak
van vaas en vis 'n aanraking oor
tussen speur en sien, die omwentelende moment,
dit wat nie bewaar kan word nie,
dit wat gebeurd gebeur,
gedurigdeur, werskante van die laan,
skeiding tussen die stellings van kuns en wetenskap,
die bindende, tronende eikenlaan
waar ek, oopgedroom, museums toe stap.

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success