Ingrid Jonker Poems

Hit Title Date Added
1.
MADELIEFIES IN NAMAKWALAND

Waarom luister ons nog
na de antwoorde van die madeliefies
op die wind op die son
wat het geword van die kokkewietjies

Agter die geslote voorkop
waar miskien nog 'n takkie tuimel
van 'n verdrinkte lente
Agter my gesneuwelde woord
Agter ons verdeelde huis
Agter die hart gesluit teen homself
Agter draadheinings, kampe, lokasies
Agter die stilte waar onbekende tale
val soos klokke by 'n begrafenis
Agter ons verskeurde land

sit die groen hotnotsgot van die veld
en ons hoor nog verdwaasd
klein blou Namakwaland-madeliefie
iets antwoord, iets glo, iets weet.
...

2.
DAISIES IN NAMAQUALAND

Why do we still listen
to the answers given by the daisies
to the wind to the sun
what has become of the little kokkewiets

Behind the closed forehead
where perhaps a twig still tumbles
from a drowned springtime
Behind my word killed in action
Behind our divided home
Behind the heart locked against itself
Behind wire fences, camps, locations
Behind the silence where foreign languages
fall like bells at a funeral
Behind our land torn apart

sits the green mantis of the veld
and dazed we still hear
small blue Namaqualand daisy
answering something, believing something, knowing something.
...

3.
ONTVLUGTING

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikas in 'n rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
...

4.
ESCAPE

From this Valkenburg have I run away
and in my thoughts return to Gordon's Bay:

I play with tadpoles swimming free
carve swastikas in a red-krantz tree

I am the dog that slinks from beach to beach
barks dumb-alone against the evening breeze

I am the gull that swoops in famished flights
to serve up meals of long-dead nights

The god who shaped you from the wind and dew
to find fulfilment of my pain in you:

Washed out my body lies in weed and grass
in all the places where we once did pass.
...

5.
BITTERBESSIE DAGBREEK

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
ʼn spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
...

6.
BITTER-BERRY DAYBREAK

Bitter-berry daybreak
bitter-berry sun
a mirror has broken
between me and him

I try to find the highway
perhaps to run away
but everywhere the footpaths
of his words lead me astray

Pinewood remember
pinewood forget
however much I lose my way
I step on my regret

Parrot-coloured echo
tricks me tricks me on
until I turn beguiled
to retrieve the mocking song

Echo gives no answer
he answers everyone
bitter-berry daybreak
bitter-berry sun
...

7.
JY'T MY GEKIERANG

Jy't my gekierang Dolie
jy't my gefop
my hart o appelliefie
verdroë in sy dop

Die predikant sê agge nee
my ma sê agga gwaan
my ouma dink weg wêreld
waar kom ons ook vandaan

Maar Dolie bokkie baby
jy't my verstoot
al maak ek ook my daggies
nes kuikens vir jou groot

Al gee ek jou die dagbreek
se rooywang-vy
jy't laasnag - o my attatjie!
met ‘n ander man gevry

My brakhond en my mak uil
tjank groot en wyd
maar Dolie bokkie baby
ons tjank een woord altyd
...

8.
YOU HAVE TRICKED ME

You've tricked me Dolie
you've cheated me like hell
my heart o little gooseberry
has shrivelled in its shell

The pastors say oh surely no
my mum says go away
my granny thinks oh heavens
our help has gone astray

But Dolie bokkie baby
you turned me down it's true
in vain I grow my little days
like chickens all for you

No matter that I offer you
a fig with day-break's tan
last night o my attatjie
you had another man

My tame owl and my mongrel
they howl through nights and days
but Dolie bokkie baby
we howl one word always
...

9.
TOEMAAR DIE DONKER MAN

vir Simone
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat
'n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies
Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man

Mammie . . .

Toe maar, die donker man
...

10.
HUSH NOW, THE DARKLING MAN

for Simone
On the green footpath
of the horizon far
around the earth little one,
an old man trudges who wears
an open moon in his hair
Nightingale in his heart
jasmin plucked for his buttonhole
and a back bowed down by his years.

What's he doing, mummy?

He calls the crickets
He calls the black
silence that sings
like the rushes, my sweet
and the stars which throb
knock-knock my love,
like the tiny little beetles
in their thin far ring.

What's his name, mummy?

His name is Hush
His name is Sleep
Mister Forget
from the Land of Dream
His name is hush
he's called, my sweet
Hush now, the darkling man

Mummy…

Hush now, the darkling man
...

Close
Error Success