(afrikaans) Lafaarde Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Lafaarde

En so kom alles tot ‘n einde
Die goed, die sleg en tot ellende
Niemand verstaan wat dit van ‘n vrou vat
Om net so uit ‘n lewe te stap
En dan blameer hulle jou, se dis jou skuld
Agter oor sal ek sit met my trots en geduld
Die wat wil praat en stories aandra
Moet dalk eerder net die regte vrae vra
Maar so sien jy die ware vriende in jou lewe
Die mense wat jou altyd sal aandrewe
En hulle sal altyd daar wees
Sonder drama en sonder vrees
So staan maar rond en verkleineer julle self
Dis tog net lafaarde wat so laag delf!

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success