(afrikaans) Net Nog N Les Poem by Carike Klokow

(afrikaans) Net Nog N Les

Rating: 5.0

Soveel tyd in jou bestee
soveel aandag aan jou gegee
Saam het ons ons toekoms beplan
Saam was ons n goeie span
Maar nou weer is ek uitgevang
Eetlus is weg en die naar op my maag
Voel soos n skurk wat jy net wil weg jaag
Hartseer neem oor en die trane val
Gemoed is laag en die fotos maak my mal
Soos n rolprent speel dit oor en oor in my kop
Wat moes ek meer doen en wat moes ek stop
Jy is die meisie wat langs haar ridder wil staan
En ek is die lafaard wat dink ons is saam
Dis n grap, n seer klap, ek huil dat dit spat
Alles is dof, jou gesig nou net stof, my kop wil ontplof
Ek prober net my bes, ek is nie soos die res
vat terug jou mes....Weereens is ek net iemand se les.

Thursday, December 10, 2015
Topic(s) of this poem: heartache
COMMENTS OF THE POEM
Kumarmani Mahakul 10 December 2015

Very amazing and wise sharing done definitely. Interesting.10

0 0 Reply
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success