[afrikaans] Toe Oë Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Toe Oë

Met my toe oë
sien ek meer
meer toekoms
meer hoop
Ek droom
met oop oë
Ek sien lugkastele
van regte bakstene
en droompaleise met houtvloere

Met oop oë
sien ek beter
Meer duideliker, harder
Die pyn, die hartseer
van elke dag
elke mens
elke huis

Ek sien die pyn
wat ingetrek het om te bly
sien jy dit ook?
sien jy die seer?
-wat nie will heel-
Sien jy dit?
Of loop (leef) jy ook met toe oë?

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success