[afrikaans] Verwondering Poem by Lola Sanchez

[afrikaans] Verwondering

Soms, net soms
sit ek en wonder

oor die waterdruppels
teen die ruit
die perskewang sonsondergang
Genadegawe
uit die hand van
onse Vader

goue nektar van liefde
wat taai vasklou
aan die wande
van jou hart

Geparste herinneringe
tussen die blaaie
van ‘n vergete boek

gedagte-foto’s
van die lang pad huiswaarts
en ek wonder...

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Lola Sanchez

Lola Sanchez

Pretoria, Gauteng South Africa
Close
Error Success