Berg En Dal Poem by Amanda Boucher

Berg En Dal

Omring deur berg en dal staan ek verstom
So ver het U my tot hier laat kom
Veilig in U omarming het U my bewaar
En stil-stil het U my hierdie wonderwerk laat gewaar
Soos die son opkom oor die horison
Het U die pallet in U Hand geneem en die lug ingekleur
Die mooiste ligte kleure gebruik wat U kon
Om ons nie uit die slaap te versteur
Sagkens het U die dag vir ons kom skilder om na uit te sien
Nog ‘n dag wat U die las lig hou sodat ons U kan dien
Saam met die voëls moet ons jeubel oor die nuwe dag
U het weereens verdryf die donker van die nag
Met ‘n fyn kwassie het U die wolkies ‘n fyn strepie gemaak
Die wit teen die ligblou van die hemel, volmaak
So kleur U ons ook in vir ander mense om te aanskou
Soms ‘n byna deursigtige kleur tot ‘n skerp ligteblou
Die kontras van miskyk tot onthou
Die klanke wat ons lippe ontsnap om op te bou
Heer, ontvou die wonderwerk in my
Neem my hand, so klein langs my sy
Lei my tot op die kruin van U berg om als te aanskou
Die kleure is so opgeruimd na die nag se grou
Omring deur berg en dal staan ek verstom
Want U het belowe dat U op die wolke weer sal kom
Heer, maak oop my oë om U raak te sien
Want alles het U geskep om U te dien
U het alles mooi gemaak vir U om te geniet
Vertroos ons na al die pyn en verdriet

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success