Is Dit Hoe U Voel, Heer? Poem by Amanda Boucher

Is Dit Hoe U Voel, Heer?

Heer, verskeur en aan stukke geskeur voel ons in ons gemoed
Is dit hoe U voel oor dit wat ons doen?
Heer, veskrik en verward is hoe ons soms die wêreld om ons sien
Is dit omdat ons vergeet het hoe om U te dien?
Ons hoor altyd die waarskuwings van die tyd is min en ons moet ons reg hou
Is dit waarom alles verval en breek wat ander opbou?
Heer, enige tyd kan U ons kom haal om by U te wees
Daarom kan ons nie wag vir die eindtyd nie, maar moet ons elke dag gereed wees
Verward staan almal en toe kyk na al die water en besittings gemeng tot ‘n see van puin
Gemengde gevoelens stoot op soos die branders van verwoesting
Die meenings en gevolgtrekkings, die debatte en onderhoude dwing ons gemoed in verskeie rigtings
En al wat ons hieruit moet leer is dat niemand weet wanneer sy laaste dag kom
So baie wonderwerke hoor ons ook van in tye soos die
Heer, voel U ook soms dat ons nie reg maak ten spyte van alles wat U vir ons doen?
Voel U ook soms dat ons meer dankbaar kan wees en minder moet kla?
Heer, vergewe ons want ons is tog so onkundig oor U groot werke
Vergewe ons dat ons so maklik net op die grond kyk en nie voor ons uit kyk
Heer, maak weer heel waar die mense so rou soos die rommel voor hulle voel
Trek hulle nader aan U soos die gety die water weer terug getrek het
Heer, hoe bid mens vir daardie mense wat alles verloor het
Hoe bid mens vir ‘n nasie waarvan die helfde van ‘n dorp net weg gevat is
Heer, U het geweet die rampe kom in oorvloed en U het begin waarsku
Lankal het U hierdie dinge in U Woord geskryf om ons oë oop te maak
Heer, laat die wat oorbly weer hul liefde in U bevestig en berusting vind
Heer, neem ons lewe weer in U hande en tel die op wat gestuikel het
Heer, in aanbidding en met ‘n nederige hart bring ons hierdie geringe gebed voor U
Hoor hul rou snukke en stom gebede

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success