Wednesday, August 7, 2013

Bloeisels In Die Wind. Comments

Rating: 0.0

Ek staan stil-verlore en staar na buite. My gedagtes dwaal na gisters wat was. Ek sien die flinder-sagte bloeisel blaartjies wat fladder in die wind en dit waai n gebed deur my hart.
In my geestes-oog sien ek mammas wat deur troebel waters gaan. Daar is, Sy wat al n engelkindjie aan di dood moes afstaan, n ander wat n hulpelose enetjie moet versorg en n eensame een wat in stilte terug verlang na daai sagte geselsies en laggie deur die dag.
Mammas... My grootste vrees is reeds deel van n ander se seer herinneringe...
Mag God saam die Lente ook vrede in elke gemoed bring.
...
Read full text

Annabella Nel
COMMENTS
Close
Error Success