Ek staan stil-verlore en staar na buite. My gedagtes dwaal na gisters wat was. Ek sien die flinder-sagte bloeisel blaartjies wat fladder in die wind en dit waai n gebed deur my hart.
In my geestes-oog sien ek mammas wat deur troebel waters gaan. Daar is, Sy wat al n engelkindjie aan di dood moes afstaan, n ander wat n hulpelose enetjie moet versorg en n eensame een wat in stilte terug verlang na daai sagte geselsies en laggie deur die dag.
Mammas... My grootste vrees is reeds deel van n ander se seer herinneringe...
Mag God saam die Lente ook vrede in elke gemoed bring.
Die lente bring nuwe lewe en ek dra alle mammas aan onse Hemelse Pappa op sodat Hy jul hartseer sal troos, jul moed sal staal sodat almal hierdie lente met n stil glimlag sal tegemoed gaan en weet....
GOD SE GENADE IS GROOT.
6 September 2010 at 13: 26
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem