Die Opstanding Poem by Gerhardus Keen

Die Opstanding



Droewig klink die geween
Sy lewe aan die kruis geneem
hulle werp oor Sy kleed die lot
daar word oral oor Hom gespot
bang kruip die dissipels weg
waarvoor moet hulle aanhou veg
hulle het dan vas geglo
Hy is gestuur van bo

die nuus het soos ‘n brand versprei
‘n graf is vir Hom voorberei
met ‘n verseëlde steen waar die opening was
en wagte om dit op te pas
hulle sou die profesie stop
en seker maak Hy staan nie op
hulle sou aan almal toon
hulle redder het hul verloën

die vroue het by die graf gekom
hulle sien die Engel en staan verstom
hy vertel hulle Jesus is nie meer daar
en so word Sy woorde waar
hulle haas hulle na Petrus
en sê dat alles nog wel is
hulle stemme was aangedaan
'onse Jesus het uit die dood opgestaan'
© Gerhardus Keen 7 Maart 2021

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success