Drome is soos tower gedagtes
Dis alles wat vir jou belangrik is
Dis daar om jou aan die lewe te hou,
Maar ook om jou moed op te bou
Uit drome bestaan die beste idees
Van Einstein se wet tot dokters wat ander genees
Drome is een van die sterkste gedagtes van ‘n mens
Dis sterker as liefde, beloftes en selfs sterker as ‘n wens
Drome het geen geldwaarde of prys,
Maar soms kan dit vir jou die regte pad wys
Jou drome beskryf ook jou persoonlikheid
Gee jy vining op of is jy iemand wat vas kan byt?
Met drome kan jy voorentoe beweeg of agtertoe val,
Maar selfs ek weet sonder drome word ek mal.
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem