Ek Wonder Poem by Amanda Boucher

Ek Wonder

Ek wonder waar ek sou wees as dit van my moes afhang
Ek wonder sou ek nog steeds die woorde sing van ‘n liefdessang
Ek wonder of ek steeds sou kon dink niks kan my onder kry
Ek wonder of ek steeds by my wonderlike man sou bly
Danksy my God kan ek almal in die oë kyk
Danksy my God kan ek weet dat elke donker wolk sal wyk
Danksy my God se genade het ‘n doel om voor te lewe
Danksy my God se liefde het ek ‘n toekoms om na te strewe
Ek wonder of jy ook daardie voordele kan insien
Ek wonder of jy ook besluit het om God te dien
Ek wonder of hierdie paar woorde jou lewe kan aanraak
Ek wonder of jy ook Eendag die Ewige lewe sal smaak
Heer, ek bid vir die persoon wat hierdie woorde lees
Heer, ek bid dat U die pyn en seer sal genees
Heer, ek bid dat U berusting vir hierdie siel sal bring
Heer, ek bid dat U ‘n loflied sal gee om te sing
Jesus, in U Naam bid ek vir vergifnes
Jesus, in U Naam bid ek vir ‘n wonderwerk
Jesus, in U Naam bid ek vir U aanraking in ‘n donkder nag
Jesus, in U Naam bid ek vir die son om op te kom vir ‘n wonderdag
Hoe bevoorreg is die wat in U Naam mag bid vir vrede
Hoe bevoorreg is die wat in U Naam mag bid vir enige rede
Hoe bevoorreg is die wat in U Naam mag bid vir U ontferming
Hoe bevoorreg is die wat in U Naam mag bid vir U aanraking
Ons loof U vir ons daaglikse en alledaagse wonderwerke
Ons loof U vir U Mag en krag sonder perke
Ons loof U vir mense wat op ons pad gesit word om ons gelukkig te maak
Ons loof U vir mense wat na ons kyk en weet dat U hulle aanraak

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success