'Elke dorpie het sy ou kafee, elke hart ook sy eie heimwee.
Maar soos die uurglas leegloop
Sal mens sy siel vir bietjie geluk verkoop.'
Soos oggendstond met goud in sy mond,
So maak liefde seer,
Soos n kruppel hond,
N vars wond.
Soos tolbos, kakiebos wat rol die vlaktes rond,
So maak liefde sy wond,
Soos n skurwe stuk grond.
N bar riviermond
Elke dorpie het sy ou kafee elke hart ook sy eie heimwee maar soos die uurglas leegloop
Sal mens sy siel vir bietjie liefde verkoop
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem