Hierdie Moord Klou Aan My Siel Poem by Pablo Loves Life

Hierdie Moord Klou Aan My Siel

Wat dryf 'n kind

'n vader

'n moeder

tot verdeeldtheid

die leuns van 'n vreemdeling

van een wat dink hy ken God

ken hy die liefde van 'n moeder

van 'n vader

van 'n kind

wat daar is al sien die wêreld dit nie?



Ken hy die vergelding van God

op die dag wat hy sal eis

die bloed...

van 'n moeder

die asem... van 'n vader

die verskeurde liefde

van ouer en kind

die verwarde liefde tussen kind

... en vreemdeling?



Wat bly oor? ?

Net God se genade

die wete jy het gemoor

en 'n graf...

later vergete

en bloed op die hande van 'n kind

Wat dryf so 'n kind

My God? ?

... net 'n verlore siel?

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success