Hoe Vergeet 'N Mens? Poem by Amanda Boucher

Hoe Vergeet 'N Mens?

Die son se strale speel al vroeg in Arno se sweetgaatjies. Hy het al vergeet hoe warm kan die Laeveld sonnetjie wees. Die lug is vars en dit gee mens kans om jou kop skoon te kry. Hy het meer vir die vars lug gekom as vir die jag. Hy glimlag wanneer hy Cindy se lag in die vêrte hoor. Ten minste geniet sy dit baie. Sy oog vang haar ontspanne liggaam. Die son maak ‘n besonderse ligkring om haar. Dit lyk of die son oor haar skouer loer. Is dit wat sy vir hom is? ‘n Ware sonne straal?
Sy lyk so gelukkig saam met Dewald…Arno voel hoe sy mondhoeke verstyf by die gedagte. Dit kan mos nie wees nie? Wat van hom? Dis die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat iemand so spesiaal in sy lewe is en nou dit? Hy skop sommer blindelings na ‘n klip in die paadjie af. Hy moes nooit ja gesê het vir die simpel jag storie nie. Hoe moet hy dit nou geniet terwyl hy moet toe kyk hoe die twee soos ou verliefdes aan gaan? Kyk net….Dis haar pragtige groot oë wat stip in syne kyk wanneer hy opkyk. Die blik daarin …is dit boet waardigheid? Of is dit ‘n skuld erkenning? Of is dit net ‘n kommer blik? Wat maak dit saak. Die feit bly. Sy kyk nie so na hom nie, maar sy kyk so na Dewald. “Goeie môre laatslaper.” Die vriendelike groet in sy rigting help nie juis vir dit wat hy nou voel nie, in teen deel. Arno vertrou nie sy stem nie, en stap verby sonder om te groet......

Arno word bewus van die perfekte toonnaels van ‘n vrou hier reg oor sy neus. Baie stadig volg sy oë die buite lyne van haar lang bene. Vir ‘n paar sekondes aarsel sy oë by die ligblou G-string wat haar bruin gebrande lyf beklemtoon. Die dolfyntjie naeltjie ring is glad nie onbekend vir sy tong nie. En sy hart begin wild tamboer speel. Hy onthou, vir ‘n vlugtige oomblik, dat sy klere nog steeds een kant in die son lê. Sy hoef dus nie te wonder watse uitwerking haar verskyning op hom het nie. Dit is verseker duidelik sigbaar. Nuuskierig kyk hy vêrder op. Die toer op na die valleie is opwindend. En wanneer sy oë die bergtoppe bereik, is hy nie verbaas om te sien dat dit nie bedek is nie. Dis hoe hy haar ken. Outomaties kies sy hande koers om sy oë in die fees te deel. Stadig help hy homself teen haar bene op. Haar hande speel sag in sy hare, vir ‘n oomblik. Sy verskuif haar gewig effens na die linker been en gooi haar kop agteroor. Die skouer lengte hare laat ‘n rilling oor haar rug gaan…of miskien is dit sy aanraking. Wie sal weet? Dit maak in elk geval nie saak nie.


dis 'n uitreksel uit my boek Hoe vergeet 'n mens? Nou beskikbaar. Waterstrome.co.za

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Amanda Boucher

Amanda Boucher

Vereeniging South Africa
Close
Error Success