Monday, August 13, 2018

JY'T MY GEKIERANG Comments

Rating: 0.0

Jy't my gekierang Dolie
jy't my gefop
my hart o appelliefie
verdroë in sy dop

Die predikant sê agge nee
my ma sê agga gwaan
my ouma dink weg wêreld
waar kom ons ook vandaan

Maar Dolie bokkie baby
jy't my verstoot
al maak ek ook my daggies
nes kuikens vir jou groot

Al gee ek jou die dagbreek
se rooywang-vy
jy't laasnag - o my attatjie!
met ‘n ander man gevry

My brakhond en my mak uil
tjank groot en wyd
maar Dolie bokkie baby
ons tjank een woord altyd
...
Read full text

Ingrid Jonker
COMMENTS
Close
Error Success