Liefe Odat Jy Jy Is Poem by Marien Jacobs

Liefe Odat Jy Jy Is

My vriend, vandag mis ek jou,
En my liefde sal nie verflou,
Want nie om 'n rede het ek jou lief nie,
Maar net omdat jy jy is.

Geen rede kan ek vir my liefde vind,
Wat jou herhinneringe so styf kan bind.
Juis daarom sal my liefde behoue bly,
Omdat ‘n rede vir my liefde jy nie sal kry.

Want nie oor 'n geaardheid het ek lief,
Of oor uiterlike vertoë,
Of jou potblou oë,
Of jou stem as jy praat nie,

Want daardie kan als vergaan
En jou optredes sal mense nie altyd verstaan
En jou liggaam hét vergaan met tyd,
Maar jy sal voortleef in ons harte wyd.

Maar my liefde nou druppend in ‘n traan,
Was omdat jy jy was, ,
Omdat jy spesiaal was,
Al het ek nie alle redes daarvoor verstaan.

(2001)

COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success