Jy is so ontwykend soos misvingers....
in die wind op die son kant van die misbelt skuins voor ‘n koue front
…ek gaan jou bekoor en nuuskierig maak
En mag selfs besluit jou bang te maak dat jy angstig vlug
…sensual en grasiues soos ‘n vlugvoetige duiker ooitjie
…..en dan nadat ek jou gejaag het en amper keer op keer jou gevang het
…..terwyl ek doelbewus toelaat dat jy mag wegswenk en my ontduik
…gaan ek jou uiteindelik vang in ‘n oop kol in die bos op ‘n heuwel se rug op ‘n graskol
…daar gekom wil ek jou vasvat in my groot hande terwyl jou asem koorsagtig jaag
Hierdie stewige sterk vingers gehul om jou polse bokant jou kop
En in my soen wilek die sweet van die dag proe op jou hals
En dan, ….dan as jy uiteindelik pleit en smeek
Vir nog ‘n kus en nog meer verkenning deur my ligte sensuele slim vingers en handpalms
…en jy angstig en gretig wag vir meer sagte bekoorlike woorde
Dan gaan ek jou wildste fantasië uitpluk daar waar jy dit wegbêre diep agter in jou siel
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem