My Verwarde Gemoed Poem by Gerhardus Keen

My Verwarde Gemoed

Liefde bly in my hart
al word dit soms vervang deur smart
mense wat my hart tot breekpunt bring
besef nie waarin hulle my dwing
ek gaan deur verskillende gevoelens
van pyn, selfbejammering en selfs haat
maar elkeen met sy eie bedoelings
sonder uitkoms, sonder raad
ek probeer by die aanvaarding kom
sodat ek die verraad kan vergeet
en om eerder in liefde te bly glo
en nie ander aan dieselfde maatstaf meet
ek wil glo daar is ander soos ek
wat aan my getrou sal bly
al gaan dinge bietjie moeilik by die huis
besef hulle ook elke huis het sy kruis
dis net om bietjie deur te druk
en mekaar by te staan
en skielik sal jy ook ervaar
dat die onsekerheid vergaan
soms kies een om eerder in 'n ander verhouding te gaan
en die opwinding daarvan te ervaar
maar ook daai gevoel vergaan
en dan kom die werklike gevaar
dít wat jy gedink het is reg
verander in verwyte gooi
en die vertroue is nie daar
want jy het dit aan jou eks ook gedoen
hoe kan die nuwe liefde hom dan daarmee versoen
sy gewete vreet hom op
hy was ook skuldig gewees
en wat as jy dit aan hom ook doen
dit is sy ewige vrees
stuk-stuk word daar 'n wig gedryf
tussen dit wat jy gedink het is liefde
en skielik staan jy weer alleen
en dink aan die eerste oomblik
toe jy besluit het dis verby tussen jou en my
en verslae besef jy dat jy eintlik opregte liefde gehad het en ervaar het
maar dit vir 'n vinnige "fling" laat vaar het
die besef kom eers té laat
en jy sal dit graag reg wil stel
maar tyd het aangeloop
en 'n ander is in jou plek aangestel
een met dieselfde liefdes waardes
en een wat ook leuens haat
een wat my aanvaar sonder voorwaardes
en een wat altyd die waarheid praat
geen gepraat met vreemde mans
geen lawwigheid agter my rug
geen kans op skelm verhoudings
maar met eerbaarheid beantwoord sy my liefde terug
ek sal aanhou glo in haar
totdat ek haar ontmoet
ek sal nie verbitterd bly
maar voortgaan met liefde in my gemoed
ek weet sy bestaan
ek het haar in my drome gesien
en dit is aan my gewys
dat ons twee mekaar verdien

©Gerhardus Keen (GK1)
23 August 2020

Thursday, August 27, 2020
Topic(s) of this poem: fear,lost love,love,thoughts
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success