My Wens? Poem by Gerhardus Keen

My Wens?

Liefde het ek jou voorgehou
met 'n belofte aan ewige trou
ook gedink dit is wat jy ervaar
maar jy het jou hart vir 'n ander bewaar

Ek sou my lewe gee vir jou
en jou veilig kon bewaar
maar jy het nooit gehou
by ons belofte aan mekaar

Pyn skiet deur my bors
jy het my diep seergemaak
met my gevoelens het jy gemors
jou leuens het ons lewens geraak

Die waarheid was vir my baie balangrik
ek het dit vir jou keer op keer gesê
maar vir jou was dit egter belaglik
jy het eerder in die leuens belê

As jy net by die waarheid kon bly
selfs al het ek daardeur seer gekry
kon ons dalk nog by mekaar wees
kon ons die wonde help genees

Elke keer wat ek 'n kar hoor kom
wens ek dit is jy wat terugkom
om te sê jy het 'n fout begaan
en dat ons in liefde kan vorentoe gaan

Maar dan moet jy opreg berou
en ons sal van vooraf mekaar moet vertrou
en maak my eerder met die waarheid seer
want leuens is glad nie iets wat ek waardeer

Jy bly nog steeds hier in my hart
al verdrink ek ook in my smart
liefde moet jy nooit met seks verwar
dit gaan oor al die klein dingetjies wat ons saam ervaar

Die omgee wanneer jy siekerig voel
die koppie koffie waarmee ek jou wakker maak
die CrampEase gee wanneer jou bene snags woel
en die wete jy maak vir my saak

Foute kan ek wel vergeef
en ons sal nie weer bymekaar verby leef
onthou net hoe ons liefde was
en kom ons hou eerder daaraan vas.

© Gerhardus Keen (GK1)
16 Augustus 2020

Sunday, August 16, 2020
Topic(s) of this poem: miss you,sad,wish,heartbroken,hope,love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success