Wednesday, March 20, 2019

OGGEND VAN ‘N WATERFISKAAL Comments

Rating: 0.0

Allagot! geglip uit die knukkels
van hierdie kant se koskans- en hansmaker,
wip die waterfiskaal die oggendkier in,
kaneeeeeel van verbasing op sy bors,
onder sy kruidnagelkloutjies die rinkink-rulle
spiksplinterspuwende dwarsriviersand,
tinktuuuuur van manelkwik geveer op sy flanke,
strak in die frak, die keil platgekam,
akkelief hy oor die akkers tot die waterkant, kyk! -
triljarrrrrrrrrrde klein en groot fiskale innie spiekspiegel,
hokaai kohorte kansvatters
wat hy konter met pronkstand akimbo,
knipstert na die kindlig in die oewerkrui,
en wegstaan, kyk so, eeeeene ollewagen-onderbaadjie,
hy is die een en innigste godontglipper
hier in die prilwilde hoogmakerson,
!tewiek in sy keel sit sy roepnaam !tewiek
soos ‘n klok in die bergkut, ketoooools
van die mondsagte môre.
...
Read full text

Marlene van Niekerk
COMMENTS
Close
Error Success