Oopgevlek Poem by Angel Free

Oopgevlek

Mamma, daar is in my siel verswelg
N duisternis vasgesmelt net vir jou
Woorde onbetwis, onverfynd, ingeperk
Mamma dis daar gebere net vir jou

Met moeite moet ek myself begelei
Jare deurgetrek met seer en leed
Jy het met jou krag en mag my gelei
Mamma dis opgeberg in smart

Dis ‘n seer vol haat en verwyt
Jou hand van onskuld nou ter spraak
Gewas in bloed, myne veraltyd bevlek
Mamma die bloed is op jou hande

‘n Haat so groot onbeperkd
‘n opgebergte waansin van my eie
Die doodstrop om my nek gehang
Mamma hy was nie ‘n engelmens

Woorde gespreek, geglo, verafgod
Liefde in my keel afgedwing, vasgedruk
Vasgesweer, onskandelik verkrag
Mamma hoe het jy nooit geweet

Friday, July 14, 2017
Topic(s) of this poem: hate
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success