Sal Jy Poem by Evert Benade

Sal Jy

Dis een uur in die more
Gedagtes gaan verlore
In die dieptes van jou oë kontoere
Soos jou skoonheid my betower.

My hart raak stil en raas aan een
En die liefde oorval my hart soos reën
Soos jou glimlag my hart wegneem
Na n plek waar ons staan as een
Sal jy my met jou liefde seën?

Ek lê en rondrol heel aand deur
Soos ek wonder wat in jou hart gebeur
Gaan ek vra of my kans verbeur?

Sal jy my met my liefde seën?

Saturday, April 26, 2014
Topic(s) of this poem: Love
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success