Johan Fourie

Rookie - 0 Points (22 November 1949 / Johannesburg, South Africa)

Sax - Poem by Johan Fourie

…die sax in die goedversorgde kunstenaars hande blaas die blues

...die man agter die sax wys soos Salomo, en dapper soos David

....daars ’n lied op sy lippe en hartseer in sy oë, wat deur die blou sigaret rook, en pyp rook misliuer tuur

...dis moeilik altyd te sterk skemer te sien in die die donker kolle waar mense met geheime motiewe gereiflik skuil, en fluister

....aldus, as vuurhoudtjies lig en aanstekers die donker kolle soos blitse in ‚n swart kumulus onweerswolk verhelder in die windstorms, daar diep binne dan swaai sy blik soontoe

....en elke keer verdiep die pynkepe as dit net nog ‚n vreemdeling is wat hangskouers, en geskuilde oë wegkruip vir nog slae en seer en teleurstelling, by daai ronde houttafeltjies, amper teenmekaar

....en dan is daar die kolle waar die ligskilder soos laat middag wintersonstrale deur skrefies in gordyne oor verwweerde tapyte, en verslete meubels

....en dan die avontuurlikes wat jou oë uitdagend ontmoet, en die bedoelde trots is aggresief en verdedigend in hul poging om joune te probeer vang

.....en die Sax gaan haal die blues vêr en hoog op plekke waar dit diep, en mistiek en romanties meusleurend is. Met tye swaai dit na leed en leedwese, verborge in emosies... die bron onbekend

........en leedwese oorweldig hom weer soos al die ander dae, dis nie sy nie, sy is nie daar nie. Waar is sy? .....sal sy weer kom. Ag gee dat hy haar weer mag sien


Comments about Sax by Johan Fourie

There is no comment submitted by members..



Read this poem in other languages

This poem has not been translated into any other language yet.

I would like to translate this poem »

word flags

What do you think this poem is about?



Poem Submitted: Monday, December 19, 2011

Poem Edited: Tuesday, December 20, 2011


[Report Error]