Soms Voel Ek Swak. Poem by Annabella Nel

Soms Voel Ek Swak.

Soms voel ek swak,
hunker ek na krag vir elke nuwe dag.
Dit is dan...
Ek droom drome,
bou lugkastele, en onthou vae beelde deur die golwe van tyd... Ek hunker na die son, oseaan en die see.
Waar die sterre blink en die maan oor die afgronde insink.
Ek gee soveel van myself, my hartklop en my ewige trou, maar wanneer ek terugvra, het sy liefde vervlou. Tyd is vinnig. Dis n asempie ver. Mag God my hunkering voel en my eensaamheid verdryf..

POET'S NOTES ABOUT THE POEM
Sommer net iets oor die moedeloosheid en hunkering na krag om op te staan na die storm!
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success