Vrees Van Verwerping Poem by Gerhardus Keen

Vrees Van Verwerping

Ken jy die vrees van verwerping en verlange
wat diep in jou binneste opskiet
en dwaal deur die gange
van jou gedagtes en verdriet
wat jou moedeloos laat huil
en in ‘n donker put in nooi
waar jy probeer skuil
met oë nat en rooi

Jy sien geen uitkoms
voel verlore en vergete
en sit en wag vir die sonopkoms
terwyl jy stry met jou gewete
en ‘n wroeging diep binne jou siel
‘n stryery met jouself
wat besig is om jou te verniel
terwyl jy in jou binneste ronddelf

Moet ek dit end
is dit die moeite werd om te lewe
ek is in my siel geskend
en met ‘n binneste wat bewe
wat skree om van alles vry te wees
om die aarde finaal te groet
die liggam te verlaat en te lewe in die gees
maar dan hoor ek ‘n Stem so soet

Hy roep my terug na die hede
en sê: "My kind Ek het jou geween gehoor
en ook jou gebede
kom volg My - loop op My spoor
Ek sal jou hieruit lei, jy sal geen pyn meer ken,
neem jy net My hand, Ek sal dit nooit los
saam sal ons die die ding wen
lewe net in My. Ek sal jou van jou vrees verlos".

© GK1 19 Oct 2020

Monday, October 19, 2020
Topic(s) of this poem: fear,longing
COMMENTS OF THE POEM
READ THIS POEM IN OTHER LANGUAGES
Close
Error Success