Blou lippies met gebreide mussies,
rooi neusies met sagte sneusies
& pers vingers met onbeheerde bibbers
... Dis wel hoe als begin
Maar dan kom die stywe drukkies,
vir lang rukkies
Die warm kouse met lekker sopsouse
& `n maaltyd van vleis en rys
met warm sjokolade sous op koue roomys
Later `n bietjie nader aan die einde...
verander helder vlamme in somer verlange
groen gras word bruiner as boombas
& vrolike somer rokkies verander in warm koffie met suikerblokkies
Wonderwerke word orals gesien,
want buite val sagte flokkies op roosbossies
& Yskristalle skitter in watervalle
Dan...
soos `n dief in die nag word die snerpende winde al om my klein huisie bevinde, maar vir die koue sal ek my nie skaam, want net die winter bring my gesin so` snoesig saam: -)
This poem has not been translated into any other language yet.
I would like to translate this poem